SOS Woman and Children Foundation
Toneelspel 1: Drama (Afrikaans Edition)
Toneelspel 1: Drama (Afrikaans Edition)
Couldn't load pickup availability
Hierdie versameling toneelstukkies is spesiaal saamgestel vir gebruik deur hoërskole. Sommige van die temas bring die hartseer, nostalgie, wanhoop en teleurstelling van die hedendaagse samelewing sterk na vore. Ander steek weer die draak met die politieke- en maatskaplike opset in ons land. Die lagspiere word ook by tye geprikkel deur die skreeusnaakse uitbeelding van lewe binne ons gemeenskappe.
Voorbeelde hiervan is:
* Sarafina
* Misdaad betaal nie
* KKNK
* Boelie is lelik
Frances Frans is ’n 60-jarige oud-onderwyseres en weduwee van Pacaltsdorp, George in die Wes-Kaap. Sy is die jongste van elf kinders, van wie nege nog lewe. Haar hoërskoolloopbaan het sy voltooi aan Pacaltsdorp Sekondêre skool. Na matriek studeer sy aan Opleidingskollege Suid-Kaapland asook Dower Kollege in Port Elizabeth. In 1984 begin sy haar onderwysloopbaan in George.
Drie van haar boeke word in 2016 gelyktydig deur Groep 7 gepubliseer: Die vroulike alkoholis, Skeidsmure tussen my en God en Ek moet praat. 70 dankies van ’n vrou sien later die lig.
Sy neem ook deel aan Gryskrag se skryfkompetisie vir mense oor 50. Twee van haar inskrywings is onder die top 70 wat in ’n boek getiteld: Engel oor my pad, verskyn. In 2019 tree sy uit die onderwys. Toneelspel 1, 2, 3 vir skole, asook Geestelike dramas 1 en 2, volg.
Frances en haar seun, Byron, verhuis na Worcester in 2020. Virrie tiener in my hood, word in Mei 2021 deur Malherbe Uitgewers gepubliseer.
Share
Publication year: 2024
Publication date: 2024-05-24
Pages: 199
Binding: Paperback
Publisher: 9781928489528
ISBN: 9781928489528
Dimensions: 14.81 x 1.14 x 21.01 cm
Weight: 0.33 kg
