1
/
of
1
Metz Press
Inkleurtegnieke - Stap-Vir-Stap Aanwysings En Wenke

Regular price
R 95.00 ZAR
Regular price
Sale price
R 95.00 ZAR
Unit price
/
per
Tax included.
Couldn't load pickup availability
Alles van kies van papier, inkleurmateriale, teorie van kleur, gevorderde tegnieke en spesiale effekte tot uitstal!
Inkleurboeke vir volwassenes is steeds baie gewild en daar is eindelose opsies om van te kies en keur. Inligting oor selfdoentegnieke wanneer dit by inkleur kom, is egter nie so volop beskikbaar nie. In hierdie boek deel inkleurkunstenaar, Monique Day-Wilde, alles van die kies van papier, potlode en ander inkleurmateriale, tot die teorie van kleur en kleurvermenging. Sy deel ook basiese en meer gevorderde tegnieke vir spesiale effekte, en wat jy dan met jou inkleurprente kan doen.
Leer oor skadutegnieke met enkele of 'n verskeidenheid kleure, afskerming, meng- en vryftegnieke, skep van tekstuur, interessante maniere om groot agtergronde te vul, byvoeging van blinkgoed, stempels met bosseleervloeistof en selfs die gebruik van potloodskaafsels. Daar skuil soveel meer agter inkleurwerk as om net tussen die lyne te hou. Terwyl daar werklik geen regte of verkeerde manier is om in te kleur nie, sal hierdie boek jou help om inkleurwerk te omskep in 'n ervaring wat sal lei tot 'n kunswerk waarop jy kan trots wees - net vir jouself, of om mee te spog by ander.
Die inhoud van die boek sluit in:
βͺ die gereedskap wat jy benodig;
βͺ kleur tegnieke - skadutegnieke, afskerming, afhaal van kleur, kleurvermenging, spattegnieke, potloodskaafsels, inkwerk, spesiale effekte, die gebruik van tekstuurborde;
βͺ hoe om gesigte in te kleur,
βͺ hare, pelse en groot agtergronde; en
βͺ hoe om jou finale produk uit te stal.

Share
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781928376040
Dimensions: 18.9 x 1.5 x 24.61 cm
View full details
ISBN: 9781928376040
Dimensions: 18.9 x 1.5 x 24.61 cm