Hekel: Idees en patrone vir vroue
Hekel: Idees en patrone vir vroue
Hekel vorm deel van 'n reeks boeke van 25 hekelprojekte elk. Die eerste in die reeks skop af met moderne en unieke hekelprojekte vir vroue. Die skrywer bied 'n verfrissende en moderne aanslag tot hekel met 'n sterk ondertoon van Boho (Boheemse) mode-neiging wat internasionaal groot nuus is. Projekte is divers en gehekel met verskillende breidraad en sluit bonkige tot fyn hekelwerk in โ iets vir elkeen! Die 25 patrone sluit onder meer in: 4 Somertruie: Driehoektop in suiwer katoen, ongewone blomonderbaadjie, fyn kantbloktoppie en bandjiebloesie; 4 Wintertruie: Interessante kantbloktop met arandikte katoen (ongewoon), seshoek-onderbaadjie in suiwer wol, tunik met wye moue en kimono in verskillende steke; 4 Serpe en sjaals: Sirkelserp, driehoekponcho, kantsjaal wat vasknoop, skoursjaal met blomme en pastelblokwinterserp; 9 Bykomstighede soos 'n gordel, sonhoed, mus, pantoffels en kouse en 4 handsakpatrone; 4 Juweliersware soos armbande, oorbelle en 'n unieke ryk versierde halssnoer; Die patrone is unieke ontwerpe deur die bekende skrywer, Karen Adendorff; Alles word gehekel met plaaslike wol verskaf deur Saprotex, maar plaaslik, vervaardigde draad deur kleiner verskaffers in SA word ook ingesluit; Die boek sluit verduidelikings van al die basies steke wat gebruik word in, asook afkortings en verduidelikingsvan simbole; Patrone word toegelig deur diagramme en dien as ekstra bonus vir die hekelpersoon.ย
Share
Publication year: 2016
Pages: 96
Language: English
Publisher: Hanki Dori
ISBN: 9780620661614