Skip to product information
1 of 1

Metz Press

Boksies By Dosyne

Boksies By Dosyne

Regular price R 95.00 ZAR
Regular price Sale price R 95.00 ZAR
Sale Out of stock
Tax included.

Hierdie boek wys jou hoe om 'n groot verskeidenheid dekoratiewe en funksionele boksies en sakkies te maak, ideaal om vir geskenke te gebruik, maar ook nuttig in die huis. Deur die gedetailleerde aanwysings en stap-vir-stap foto's te volg, kan jy met gom, fotoplakboekpapier, kartonvelle, lap, lint, kant, washi-lint, tooisels of wat jy ook al beskikbaar het, self pragtige boksies en houers maak. Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige, piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak, of probeer eenvoudige origami-boksies, koevertboksies en geskenksakkies maak. Daar is boksies van verskeie groottes en vorms, en hulle kan vir verskillende doeleindes benut word. Treffende volbladfoto's van die voltooide projekte is nie net 'n lus vir die oog nie, maar gee ook gebruiksvoorstelle. Die ingeslote patrone met vergrotingsmates maak dit maklik om die boksies te skep.Β 

Author(s): Fransie Snyman
Publication year: 2014
Pages: 128
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781928201236
View full details