Die Rain-Boek Van Natuurlike Seepmakery
Die Rain-Boek Van Natuurlike Seepmakery
Seepmakery is 'n bevredigende en kreatiewe tydverdryf - tegelyk terapeuties en uitdagend.
In hierdie boek word die proses eenvoudig aangebied, met hope idees wat jou sal help om jou eie resepte saam te stel. Dit rus jou toe met 'n basiese begrip van die chemiese proses agter seep-makery, sodat jy met die kleurriglyne, geur-formules en praktiese selfdoen-inligting oor gietvorms, afwerking, veroudering en verpakking jou eie kreatiewe pad kan loop. Vir handwerkers wat wil geld verdien met hulle seepmakery, is daar meer uitvoerige inligting op RAIN se webtuiste.
Volledige inligting oor die bestanddele en hoe hulle saamwerk, word gevolg deur stap-vir-stap aanwysings en foto's vir die roer- of kouewatermetode van seepmaak, en etlike spesiale seepresepte van die skrywer. Daar is ook meer as 30 projekte met spesiale tegnieke, weer eens met stap-vir-stap aanwysings en foto's.
Algemene probleme word uitgelig, met moontlike oplossings, en die teks word deurgaans aangevul deur praktiese wenke en interessante brokkies inligting. 'n Gedeelte oor rasperseep en herwonne seep wys jou wat om met oorskietseep, afsny-stukkies en minder suksesvolle pogings se seep te doen sodat niks verlore gaan nie. Daar is ook 'n nuttige lys seepmaak-terme en kontakbesonderhede van verskaffers.
Manjifieke foto's wat spesiaal vir die boek geneem is, dra by tot die boek se visuele inspirasie en die boodskap van 'n sagte benadering met die gebruik van ekovriendelike bestanddele wat nie skadelik vir die mens of die natuur is nie.
Share
Publication year: 2014
Pages: 176
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781920479978
Dimensions: 19.0 x 1.5 x 23.49 cm