Borsvoed Jou Baba
Borsvoed Jou Baba
Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesonde manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma’s het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is ʼn volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma’s wat borsvoed. Die jongste navorsing op dié gebied word in die inhoud weerspieël, en omdat die boek op ʼn sterk feitebasis berus, sal dit ook van ontskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortlike begeleiers en doulas – enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan.
Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor Baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses Ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met 10 top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma’s ook gerusstel sat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie. Die onderskeie hoofstukke dek die volgende:
Hoekom borsvoed?
Voorbereiding vir borsvoeding
Hoe borsvoeding werk
Die beste begin (suiggreep en genoeg melk)
Voorkoming en hantering van probleme
ʼn Baba in die huis
Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander helpmiddels)
Die ouer baba
Wanneer om te speen
Borsvoeding in spesiale omstandighede
Daar is ook ʼn lys name en kontakbesonderhede van laktasiekonsultante regdeur die land sodat ma’s wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.
Share
Publication year: 2013
Publication date: 2013-01-01
Pages: 176
Binding: Paperback
Publisher: Metz Press
ISBN: 9781920479718
Dimensions: 17.09 x 1.5 x 24.51 cm