{"product_id":"toneelspel-3-drama-afrikaans-edition","title":"Toneelspel 3: Drama (Afrikaans Edition)","description":"\u003cp\u003eToneelspel 3 vir skole handel oor die lief en leed van mense binne die gemeenskap waarin die skrywer grootgeword het. Sy draai nie doekies om as sy reguit en op die man af gebeure weergee nie. Die uniekheid van haar mense word weerspieël in die kleurvolle taalgebruik en eiesoortige karaktertrekke van die mense wat diep onder haar vel ingekruip het.\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eVoorbeelde hiervan is:\u003cbr\u003e * Hofsaak\u003cbr\u003e * Hondegevegte\u003cbr\u003e * Matriekhartseer\u003cbr\u003e * Neurokliniek\u003c\/p\u003e\u003cp\u003eFrances Frans is ’n 60-jarige oud-onderwyseres en weduwee van Pacaltsdorp, George in die Wes-Kaap. Sy is die jongste van elf kinders, van wie nege nog lewe. Haar hoërskoolloopbaan het sy voltooi aan Pacaltsdorp Sekondêre skool. Na matriek studeer sy aan Opleidingskollege Suid-Kaapland asook Dower Kollege in Port Elizabeth. In 1984 begin sy haar onderwysloopbaan in George.\u003cbr\u003eDrie van haar boeke word in 2016 gelyktydig deur Groep 7 gepubliseer: Die vroulike alkoholis, Skeidsmure tussen my en God en Ek moet praat. 70 dankies van ’n vrou sien later die lig.\u003cbr\u003eSy neem ook deel aan Gryskrag se skryfkompetisie vir mense oor 50. Twee van haar inskrywings is onder die top 70 wat in ’n boek getiteld: Engel oor my pad, verskyn. In 2019 tree sy uit die onderwys. Toneelspel 1, 2, 3 vir skole, asook Geestelike dramas 1 en 2, volg.\u003cbr\u003eFrances en haar seun, Byron, verhuis na Worcester in 2020. Virrie tiener in my hood, word in Mei 2021 deur Malherbe Uitgewers gepubliseer.\u003c\/p\u003e","brand":"SOS Woman and Children Foundation","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43774242881712,"sku":"9781920706043","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0632\/9181\/8160\/files\/9781920706043.jpg?v=1720709412","url":"https:\/\/www.mzansibooks.co.za\/products\/toneelspel-3-drama-afrikaans-edition","provider":"Mzansi Books","version":"1.0","type":"link"}