{"product_id":"paaie-deur-die-karoo-en-ander-stories-afrikaans-edition","title":"Paaie deur die Karoo en ander stories (Afrikaans Edition)","description":"\u003cp\u003ePaaie deur die Karoo en ander stories bevat beskrywings van Kobus en sy vrou se reise deur die Karoo en elders in Suid-Afrika, asook van ’n voetslaantog in een van die mooiste dele van ons land. Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper.\u003cbr\u003eDie boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ’n drankwinkel omskep is, ’n verwaarloosde skooltjie en ’n afgetakelde stoomlokomotief. In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies. Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.\u003c\/p\u003e","brand":"SOS Woman and Children Foundation","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":43774242783408,"sku":"9781920706081","price":0.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0632\/9181\/8160\/files\/9781920706081.jpg?v=1720709411","url":"https:\/\/www.mzansibooks.co.za\/products\/paaie-deur-die-karoo-en-ander-stories-afrikaans-edition","provider":"Mzansi Books","version":"1.0","type":"link"}